​AKADEMIE

Die JGT kurrikulum

Met verloop van tyd het die visie van wat JGT gaan bied al duideliker geword.

Dit was belangrik om op wye grondslag met die plaaslike gemeenskap te konsulteer om seker te maak dat die behoefte bedien word om die beste indiensnemingsmoontlikhede na skool te bereik. Sleutelwerkgewers en die sakekamer se raad is ook ingewin vir die ideale “gereed-vir-werk” of entrepreneurskurrikulum.

Ons voorstelle was na die Wes-Kaapse Onderwysdepartement geneem waar ons geleenthede gehad het om met Minister Debbie Schäfer en haar kurrikulumspesialiste te skakel en ‘n moontlike bloudruk vir onderwys in Suid-Afrika te skep.

Die uiteinde is dat die Jakes Gerwel Tegniese Skool ‘n inklusiewe, geen-skoolfooi skool van uitnemendheid op ‘n pragtige kampus gaan wees en twee strome van onderrig gaan bied:

  1. ‘n Hoofstroom skool (akademie) van hoogstaande akademiese standaard (NQF4) met tegniese vakke en werkswinkels vir leerders met die voorneme om universiteit of TVET/Tegnikon toe te gaan vir ‘n loopbaan as ingenieur, argitek, voedselwetenskaplike, ens., en

  2. n Tegniese beroepsgerigte  rigting (vakmanskap) vir leerders wat minder akademies en meer tegnies wil fokus met vaardighede soos konstruksie, sweis, loodgieter, gasvryheid,  vroeë kindontwikkeling ens. (NQF1 kwalifikasie) om tegnici en masjienoperateurs te word.

Volg die skakel  om die JGE kurrikulum te sien.

© 2018 deur Jakes Gerwel Tegniese Hoërskool