
EIENAARSKAP & BESTUUR
Die grond waarop JGT ontwikkel word bly die eiendom van Weltevrede Wynlandgoed en die JGT Befondsingstrust as donateurs-entiteit met langtermynooreenkoms met die WKOD vir gesamentlike ontwikkeling van die skool.
JGT is ‘n Saamwerkskool, ‘n vennootskap tussen die privaat JGT Befondsingstrust en die WKOD. Die JGT Befondsingstrust as donateur en bedryfsvennoot het die meerderheidstem op die skool se beheerliggaam (SBL) en is verantwoordbaar teenoor die privaat donateurs en WKOD, veral om voldoende borgskappe in te win, die bestuur van finansies, aanstellings te maak, personeel se prestasie te ontwikkel en te sorg dat die skool langtermyn volhoubaar bestuur word.
Vir die ontwikkelingsfase is daar ‘n tussentydse SBL wat getaak is om die skool tydens 2017 te ontwikkel met verantwoordelikhede per portefeulje:
-
Voorsitter en JGT Befondsingstrust: Philip Jonker
-
Onder-voorsitter en JGT Befondsingstrust: Curren-David Kühn
-
Fondswerwing en JGT Befondsingstrust: Wilhelm de Wet
-
Maatskaplike bestuursplan: Lilian Pavuli
-
Finansies: Pierre Albertyn
-
Sport: Fernando Baardman
-
Gasvryheidstudie en Voedingsplan: Augusta Brand
-
Sekretaris: Kevin Godfrey
-
Kleredrag en Inskrywings: Maggie Kawula
-
Hersonering en dissipline: Jacques Theron
-
Sekuriteit en terreinonderhoud: Lazarus Kholomba
-
Beleid en strukture: Johan Els
-
WKOD kringspanbestuurder: Nico Solomon
-
Kurrikulum: Chris Liebenberg
-
Loopbaansentrum en kunste: Mac Kühn
Wanneer JGT ten volle operasioneel is sal daar ook ouers, leerders en personeel op die SBL verkies word.
JGT sal nie net sakewêreld-gerigte kurrikulum aanbied nie, maar sal self ook met ‘n sakeplan en met hoë effektiwiteit en doeltreffendheidsmeting volgens besigheidsbeginsels bedryf word.